Liefde ontsluit baie deure

0

Die eerste gedig wat sy geskryf het, het in haar  hart die bevestiging gegee dat sy kán dig

Die eerste digbundel van Edwina Saal, Namakwaland en liefde, was gebore uit haar liefdesteleurstelling en haar nuwe liefde vir Namakwaland.

Sy is tans woonagtig op Concordia en werk by die kinder-en jeugsorgsentrum BOSASA.

Namakwaland en liefde,  is oor verskeie jare geskryf en baie van haar lewenservaring, emosies en selfs geheime is wat deel uitmaak van hierdie digbundel.

Soos die gebeurtenis in my lewe plaasgevind het ek geskryf,” het sy gesê.

Proefleser Marie van Greenen van Dragonfly Literature het vir Saal gehelp om deur Marlio Uitgewers van Pretoria haar digbundel te publiseer.

Haar man, Lazarus, twee kinders Privonte en Venotaz en suster Adrea Henn is haar grootste ondersteuners.

“Daar is nie ‘n gedig in daardie boek neergeskryf sonder hulle goedkeuring en ek het omtent hulle ore gekastei” ,lag sy.

In haar vrye tyd geniet Edwina dit om haar kinders te help met hul skoolwerk, veral met die skryf van opstelle en briewe.

Dit is haar gunsteling en sy beskryf haarself as ‘n baie rustige persoon.

 

Dink jy ooit aan my

“Ons as mens beplan, maar God bestuur.

Om te lewe is ‘n blessing, even if life is messy.

Ek wens ek kon my emosies letterlik plak op hierdie blad,

Jou wys hoe ek voel, wat jou naakte verwyte aan my maak.”

 

Bogenoemde is ‘n gedeelte van die gedig “Dink jy ooit aan my” uit haar digbundel.

‘n Porsie van die verkope van die digbundel word geskenk aan bejaardes asook persone met gestremdhede.

Ek dink ‘n goeie storie bevat baie kreatiwiteit en ‘n groot verbeelding het Saal gesê.

Sy is tans besig met haar storieboek en hoop om lesers teen Janurie 2022 daarmee te  verras .

Leave A Reply

Your email address will not be published.