Liggaam van onbekende man in Oranje Rivier aangetref

0

Die polisie op Upington is tans besig met ‘n ondersoek, nadat ‘n liggaam op Dinsdag, 27 Oktober in die Oranjerivier gevind is.

‘n Lid van die gemeenskap het die liggaam van ‘n onbekende man, tussen 30- en 35-jaar oud ontdek, en onmiddelik die polisie ontbied.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat die oorledene ‘n swart jean, swart t-hemp en blou tekkies aangehad het.

“In hierdie stadium is dit nog onbekend waar hy sou kon verdrink.”

Die Upington-SAPD doen ‘n beroep op die gemeenskap, om die polisie te help om die oorledene te identifiseer.

“Iemand met die inligting of iemand wat weet van ‘n vermiste persoon, wat by hierdie beskrywing pas, word versoek om die naaste polisiekantoor of die ondersoekbeampte, Konstabel Tsaone Motshware te kontak by 082 495 4615.”

Die polisie wil ook die gemeenskap versoek om veilig te bly en altyd veiligheid naby water te beoefen.

Leave A Reply

Your email address will not be published.