Liggaam van onbekende man op Barkley-Wes gevind

0

Die polisie op Barkley-Wes, in die Noord-Kaap het ‘n ondersoekdossier geopen, ná die ontdekking van ‘n onbekende liggaam.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het bevestig dat die lyk deur ‘n verbyganger, in ‘n rivier gesien was.

Mooi sê dat dit in hierdie stadium nie moontlik is vir die polisie, om die manlike slagoffer te identifiseer nie, maar hy is glo in sy laat vyftigs.

“Tydens die ontdekking, het die slagoffer ‘n blou oorpakjas, ‘n bruin broek met ‘n groen gordel aangehad.”

Mooi vertel dat die slagoffer ook net een oog gehad het.

Die provinsiale polisie doen ‘n beroep op alle gemeenskappe, wat ‘n persoon met hierdie beskrywing ken, om asseblief die Barkly West-speurders te kontak by 082 458 9670.

Alle inligting wat ontvang word, sal as vertroulik beskou word.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.