Loeriesfontein-gemeenskap veg teen geslagsgebasseerde geweld

0

Die 16 dae van aktivisme veldtog vir geen geweld teen vroue en kinders, is ‘n jaarlikse veldtog van die Verenigde Nasies (VN), wat herdenk word van 25 November tot 10 Desember, om bewusmaking te doen oor die impak wat geweld op vroue en kinders het.

Op 25 November het die Verenigde Nasies Internasionale Dag vir die Eliminering van Geweld teen Vroue herdenk.

Die Internasionale Dag vir die Eliminering van Geweld teen Vroue het gevolglik die begin van die 16 Dae van Aktiwisme-veldtog ingewy.

Die dag fokus hoofsaaklik op die bemagtiging van vroue en vroueregte, maar doen óók ‘n beroep op mans, om ‘n noodsaaklike rol te vervul in die bekamping van geslagsgebaseerde geweld.

Op 10 Desember vanjaar, het die Verenigde Nasies Internasionale Menseregtedag herdenk, wat óók as een van die belangrikste herdenkingsdae bekendstaan.

“Alle mense het basiese regte, ongeag hulle seksuele oriëntasie, nasionaliteit of etniese oorsprong, kleur, godsdiens, taal of enige ander status.”

Ons is almal op dieselfde menseregte geregtig, sonder diskriminasie.

Maatreëls wat in plek gestel is, en hoe die proses werk om hulp te kry tot die betrekking van ‘n teisteringsbevel, was deur die Suid-Afrikaanse Polisie diens gedeel.

Tydens ‘n afsluitingsbyeenkoms van die 16 dae van aktivisme veldtog op Loeriesfontein, in die Hantam-area, het die SAPD meer inligting aan die gemeenskap gegee, rakende beskermings- en teisteringsbevele te bekom.

Die program was moontlik gemaak deur die Namakwa distrik munisipaliteit, die departement van sport, kuns en kultuur, die department van maatskaplike ontwikkeling, die Suid Afrikaanse polisie diens, SANCA en Izibindi Youth Care.

Jargues Klaaste, die raadslid het die program geopen.

30 Dames wat in kwesbare situsasies leef, was na die program uitgenooi.

Bertie Saal van die departement van Sport, Kuns en kultuur het ‘n motiverings toespraak gelewer en sy eie storie met die inwoners gedeel.

Saal het vertel dat hy in ‘n huis grootgeword het waar gesinsgeweld plaasgevind het.

‘n Plaaslike maatskaplike werker, John Kruger het voorsorgmaatreëls gedeel, wat in plek gestel is deur die departement, om ondersteuning aan families, veral vroue en kinders te gee.

Hy het ook die gemeenskap vertel hoe om soortgelyke sake te rapporteer.

Marietta Kammies, van Izibindi Youth Care, het gepraat oor hul rol en hoe om ondersteuning te bied aan nie-regering organisasies, en die praktisyns se bevoegdheid om ondersteuning te bied, gedurende ‘n insident en hoe hulle dit kan rapporteer.

Sy het klem gelê op vertroue tussen die slagoffer en sosiale werker sal wees wanneer ‘n insident sou aangemeld word.

Die dag was afgesluit deur ‘n dans-optrede deur die Loeriesfontein Rieldansers – die groep bestaan uit net jeugdiges.

Leave A Reply

Your email address will not be published.