Lupusmaand- Rosina Diergaardt deel haar storie

"“Ons wou baie graag weer swanger raak, maar my mediese toestand het dit nie moontlik gemaak nie."

0

Elke jaar Mei word daar gefokus op Lupus op en 10 Mei word dit wêreldwyd gevier.

In 1993 het Rosina Diergaardt gereeld siek geraak.

Sy vertel : ”Dit het gereeld deur die nag plaasgevind.

Ek het gereeld koorsig gevoel en was deur die dokter afgeboek.

Ek het gesond geraak en dan net skielik weer koorsig begin voel.”

Na die geboorte van haar seun het dit erger begin raak.

Soggens kon sy haar arms nie optel nie.

Na werk kon sy nie eens haar baba optel soos wat alle ma’s doen nie.”

My arms moes reguit wees om die kind te kan vashou,” onthou Rosina

“My lyf was stokstyf  en seer, en dan lê hulle maar die kind in my arms”, vertel sy moedig

Kort na baba se geboorte het Rosina haar voet gebreek en moes ‘n gips kry.

Soos sy herstel het, het sy later met die gips aan die voet begin werk wat tot ‘n swelsel in haar been gelei het.

Sy was op ‘n bloedverdunningsdrup gesit en het vreeslik gebloei.

Hierdie behandeling het haar menstruele siklus omver gegooi terwyl sy in die hospitaal opgeneem was.

Rosina was deur haar dokter verwys na ‘n Wes-Kaapse hospitaal vir ‘n volle week vir daaglikse bloedtoetse.

’n Diagnose was gemaak en sy en haar man moes hierna saam die dokter gesien het.

Rosina was gediagnoseer met Lupus.

“Ons wou baie graag weer swanger raak, maar my mediese toestand het dit nie moontlik gemaak nie.

Ek moes toe gesteriliseer word.”

Lupus soek nie stress nie vertel Rosina.

Sodra daar ‘n sterfgeval in haar familie was het sy vir ‘n week siek gelê.

Rosina moet daagliks verskeie medikasie neem en kon nooit bepaal  hoe sy die volgende dag sal voel nie.

Sy steun baie op haar man se hulp om net deur die dag te kom.

Lupus tas verskeie organe aan en vir die pasiënt is dit beslis nie ‘n maklik nie.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.