LUR Abraham Vosloo in hospitaal weens COVID-19

0

Die provinsiale regering in die Noord-Kaap het in ‘n amptelike verklaring bevestig dat ‘n parlementslid in die provinsie, in die hospitaal opgeneem is, weens die coronavirus infeksie.

Die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in Noord-Kaap, Abraham Vosloo, is in die hospitaal opgeneem, nadat hy positief getoets het vir COVID-19.

‘n Woordvoerder vir die departement, Ali Diteme, het gesê dat Vosloo nou al ‘n paar dae in die hospitaal is.

“Vosloo is egter in goeie gees en hy is baie positief.”

Diteme het in ‘n stemnota gesê dat hulle die LUR binnekort uit die hospitaal verwag.

Leave A Reply

Your email address will not be published.