LUR Bloem skop Paasfeesveldtog af

"Bloem  bedank alle betrokke beamptes  by verkeersdiente, Suid-Afrikaanse Polisiediens en sekuriteitspersoneel  wat tydens die feestydperk sigbaar gaan wees op provinsiale paaie."

0

Die LUR vir Vervoer- en Veiligheidskakeling in die Noord-Kaap, Me Sylvia Nomandla Bloem, het onlangs die Paasfees Veiligheidsveldtog bekend gestel.

Volgens Bloem beskou  die Noord-Kaap se provinsiale regering die mobilisering van wetstoepassingsbeamptes vir ontplooiing tydens die Paasfees,  as die sleutel tot die bevordering van veiligheid op die paaie en sodoende beserings en die behoud van lewens te voorkom in die provinsie.

Haar departement ondersteun die verskerping van padveiligheidsveldtogte met ‘n aksieplan vir die komende  langnaweek van 01 – 05 April 2021 oor die Paasfeesgety.

Ingevolge die huidige inperkingsregulasies kan ‘n afname in die aantal reisigers verwag word, maar ‘n verhoogde verkeersopeenhopings kan ook ervaar word.

“Ons is  voorbereid op enige gebeurtenis met die nodige ywer en reaksie,” het Bloem gesê.

Die departement se operasionele plan vereis dat alle wetstoepassingsbeamptes, sowel as belanghebbendes op die paaie op roetes wat geïdentifiseer is, sigbaarheid  verbeter om sodoende sterftes te verminder.

Gereelde patrollies sal ‘n zero verdraagsaamheid vir wetteloosheid  verseker.

Faktore wat bydra tot padongelukke en sterftes sluit in:

  • Bestuurders en voetgangers onder die invloed van alkohol
  • Spoed
  • Die gebruik van selfone tydens bestuur of as u nie veiligheidsgordels dra nie
  • Gevaarlike verbysteek
  • Padvaardigheid van voertuie
  • Moegheid
  • Oorlading

Die meeste voorvalle word veroorsaak deur menslike gedrag.

Die LUR doen ‘n beroep op gemeenskapslede om padverkeereëls te gehoorsaam, sowel as om verantwoordelike, nugter en waaksame bestuurders te wees.

Vir die doeleindes van die 2021-bedryfsplan sal die departement  veral op die volgende roetes fokus:

  • R 31 – Hotazel, Kuruman, Daniëlskuil, Barkley- Wes, Kimberley
  • N 18 – Warrenton, Jan Kempdorp, Hartswater, Taung
  • N12 – Christiana, Warrenton, Kimberley, Modderriveier
  • N14 – Vryburg, Kuruman, Kathu, Olifantshoek, Upington, Kakamas, Springbok
  • N8 – Groblershoop, Kimberley, Bloemfontein
  • R385 – Olifantshoek, Postmasburg, Daniëlskuil
  • N9 – Upington, Groblershoop, Britstown, De Aar, Hanover
  • N1 – Bloemfontein, Colesberg, Richmond, Beaufort-Wes
  • N7 – Kamieskroon, Springbok, Steinkopf

Bloem  bedank alle betrokke beamptes  by verkeersdiente, Suid-Afrikaanse Polisiediens en sekuriteitspersoneel  wat tydens die feestydperk sigbaar gaan wees op provinsiale paaie.

“Daar is niks edeler as om ‘n werk te doen wat lewens beskerm nie,” aldus die LUR vir Vervoer- en Veiligheidskakeling, Sylvia Nomandla Bloem.

Leave A Reply

Your email address will not be published.