LUR Lekwene tevrede met Namakwa-distrik se gesonheidsfasiliteite

Die LUR is dankbaar vir voorstelinie werkers in die Namakwa-distrik.

0

Na ‘n weeklange toesigbesoek aan gesondheisfasiliteite in die Namakwa-distrik, het die Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene gesë hy is tevrede met die toestand waarin hierdie fasiliteite hulself bevind.

Lekwene het die distrik se gesondheidsdienste gemonitor in terme van netheid, medikasievoorraadvlakke,
beskikbaarheid van mediese toerusting, asook die fisieke toestand van fasiliteite.

‘n Woordvoerder vir die departement van gesondheid, Lebogang Majaha, het in ‘n verklaring bevestig dat die LUR ook tevrede is met die Namakwa-distrik se reaksie, om verdere COVID-19 verspreiding te vertraag.

Dit kom nadat verskeie dorpe in die Namakwa-distrik, onder andere; Springbok en Nababeep as potensiële brandpunte geïdentifiseer is.

Die LUR het sy dank aan die distriks- en plaaslike munisipaliteite uitgespreek, insluitend ander sleutel
belanghebbendes.

“Dit is ongetwyfeld besonerdse eienskappe van mense wat ‘n verskil maak, en probeer om die kurwe van nuwe Covid-19 platter te maak.”

LUR Lekwene het opgemerk dat ondanks die toestand van gesondheidsorgdienste in die Namakwa-distrik, het alle gesondheidsinstellings tans genoeg suurstofkapasiteit om Covid-19 pasiënte te help.

Verder beloof hy dat hulle die administrasie van suurstofprojekte fyn sal dophou, om die beskikbare reserwes van suurstofbronne dringend te verhoog.

Wat die bedkapasiteit betref, het die LUR opgemerk dat die aantal beskikbare beddens alreeds oorskry is.

“Ons het ook opgemerk dat die onlangse toevoeging van ses ambulanse en 11 kliniese uitreikbakkies, ‘n
groot positiewe impak op dienslewering in plaaslike gemeenskappe het.”

Die LUR het ook kennis geneem van die toekenning van nuwe mediese toerusting, wat aan hospitale en ander gesondheidsfasiliteite in die Namakwa-distrik, oorhandig was.

Hy voeg by dat die doel hiervoor was om gesamentlik ondersteuning aan kliniese personeel te bied.

Majaha het ook die verklaring gesê dat die LUR tevrede is met die voorraadvlakke van Persoonlike Beskermende Toerusting.

Die LUR is daartoe verbind om die kapasiteit te vergroot, om vir die toekoms voor te berei.

“Die vul van 56 kliniese poste wat bestaan ​​uit dokters, verpleegsters en verwante gesondheidspersoneel, het ‘n mate van stabiliteit in baie fasiliteite in die Namakwa-distrik gebring.”

Dit is deel van die 424 kliniese aanstellings wat sedert Kersfees aangekondig is.

“Die Covid-19 pandemie is nie ‘n regeringstryd alleen nie. Ons maak staat op almal se samewerking en sleutel belanghebbendes, soos organisasies in die privaat-, openbare- en die vrywillige sektor”, het Lekwene afgesluit.

Leave A Reply

Your email address will not be published.