LUR Mase Manopole vier Boomplantmaand

0
Die LUR van Landbou, Omgewingsake en Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Noord-Kaap, Mase Manopole, het Boomplantmaand, wat jaarliks in September gevier word, afgeskop met die aanplant van spek- en wilde-olyfbome.

‘n Woordvoerder vir die departement, Zandisile Luphahla, sê Manopole het tyd gemaak om dié inheemse bome op Barkley-Wes, in die Dikgatlong-plaaslike munisipaliteitdistrik aan te plant.

Spekbome speel ‘n bitter-belangrike rol in die vermindering van koolstofvoetspoor, en daarom het die departement op diè tipe boom besluit het.

“Suid-Afrika is een van die 20 grootste koolsofvrystellers ter wêreld en daarom is dié plant waardevol, gegewe sy merkwaardige vermoë om groot hoeveelhede koolstof uit die atmosfeer te onttrek”, het Manopole gesê.

Hy sê ook dat bome groot voordele lewer, in die verbetering van die luggehalte wat ingeasem word, en dit speel ook ‘n ondersteunende rol in die stryd teen klimaatsverandering.

“Die spekboom is dus ideaal in die droogtegeteisterde Noord-Kaap, omdat dit min water benodig en nie baie onderhoud verg nie.”

Hy sê dat dit baie maklik is om diè bome te kweek en dit bied selfs medisinale waarde.

Die tema vir vanjaar se boomplantmaand is woude en boidiversiteit wat die belang van die beskerming en bewaring van boidiversiteit in die land aandui, as ruggraat van onder meer die ekonomie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.