LUR Nomanlda Bloem hartseer oor lewensverliese van polisiebeamptes

'n Motorongeluk op die pad tussen Port Nolloth en Steinkopf het twee polisielede se lewens geëis.

0

Die Noord-Kaapse LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Nomandla Bloem het in ‘n amptelike persverklaring haar innige meegevoel en simpatie betuig met die familie, vriende en kollegas van twee Namakwa SAPD-lede, wat op Vrydag 29 Januarie tydens ‘n motorongeluk gesterf het, en een polisielid op Kuruman, op Maandag 01 Februarie.

Bloem het bevestig dat die Namakwa-ongeluk op die pad tussen Port Nolloth en Steinkopf plaasgevind het.

Ondersoeke het aan die lig gebring dat daar drie insittendes was, waarvan twee nie aan diens was nie.

“Konstabel Jerome Farmer, verbonde aan die Springbok honde-eenheid en Konstabel Damian Adams, verbonde aan die Nababeep-SAPD is op die toneel dood.”

‘n Vroulike passasier is na die hospitaal vervoer.

Die ongeluk het plaasgevind toe konstabel Farmer na bewering beheer oor die voertuig verloor het.

‘n Gedenkdiens ter herinnering aan die twee ontslape konstabels, is gister by die Nababeep polisiestasie gehou.

In die JTG-distrik het nog ‘n ongeluk op die Promiseland-pad op Mothibistad plaasgevind.

Vier polisielede verbonde aan die Kuruman FCS-eenheid, was betrokke in die motorongeluk.

Sersant Reginald Kwenamore (44) is op die toneel dood, terwyl die ander drie lede na Kathu vervoer is vir mediese behandeling.

Die LUR het haar hartseer oor die lewensverlies van die ontslape polisiebeamptes beklemtoon.

Leave A Reply

Your email address will not be published.