LUR van Coghsta in die Noord-Kaap moedig luisteraar aan om te gaan stem

"Vass het genoem van die reënerige weer in Springbok en hy hoop dat almal in hul getalle sal opdaag om te gaan stem."

0

Radio Nfm is besig om seker te maak dat luisteraars op hoogte gehou word van wat tans besig is om te gebeur by die stemlokale in die Nama Khoi regsgebied.

Vroeër het radiobestuurder, Brunhild Strauss met die LUR van Coghstha in die Noord-Kaap, Mnr. Bently Vass gesels.

Vass het genoem van die reënerige weer in Springbok en hy hoop dat almal in hul getalle sal opdaag om te gaan stem.

Die gemeenskap moet hul demokratiese reg uitoefen, daarom is hy in Springbok by die stemlokaal om te gaan stem.

Hy oefen sy reg uit en wil ook alle Suid-Afrikaners en alle mense van die Noord-Kaap en Namakwa in besonders in elke wyk in Nama-Khoi en al die substreke om in getalle uit te gaan om te gaan stem.

“Plaaslike regeringsverkiesing is ‘n baie belangrike vlak van regering, want dit is die regering wat by die mense is. Ons weet wat die probleme is van die mense. As jy in die straat afloop dan sien jy plaaslike regering, as jy jou huis se krag aansit dan is dit plaaslike regering, as jy jou kraan oopdraai is dit plaaslike regering. Wanneer dinge nie reg is nie, moet dit reg gemaak word en daarom is dit belangrik om jou stem uit te bring,” het Vass gesê.

Vass het gesê dat baie weet waar ons was en waar ons vandag is en glo dat ons dit nie sal vergeet nie. Hy is by die stemlokaal op Springbok om sy stem uit te bring omdat hy die uidagings van die mense ken en daar is om ‘n verskil te maak.

Moenie laat die koue weer jou terug hou, maar dit moet juis jou motiveer om te gaan stem.

“Demokrasie gaan alles daaroor om jou stem uit te bring. Ons wil deel wees van ‘n regering, u wil môre die regering kritiseer, maar u kan nie die regering kritiseer as u nie deel was van so ‘n proses nie. So kom ons wees ernstig oor ons omstandighede,” het Vass mee afgesluit.

Leave A Reply

Your email address will not be published.