LUR versoek gesondheidswerkers om te registreer op die regering se elektroniese inentingstelsel-portaal

'Eendag in die toekoms, wanneer ons gemeenskapsimmuniteit bereik, hoef ons nie maskers te dra nie.

0

Gesondheidswerkers in die Noord-Kaap word versoek deur die provinsiale LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene om hul te registreer op die regering se elektroniese inentingstelsel-portaal.

Die COVID-19-inentingsprogram in Noord-Kaap het verlede week begin.

Meer as 1 452 gesondheidswerkers uit die private en openbare gesondheidsektor, onder wie Lekwene het die Johnson en Johnson enststof in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal ontvang.

Navorsings uit kliniese proewe het bewys dat diè entstof 57% beskerming teen matige-siektes bied, 85% beskerming teen ernstige siektes en 100% beskerming teen sterfgevalle.

Die Noord-Kaap het altesaam 3 902 entstofdosisse ontvang van die 80 000 wat in Suid-Afrika aangekom het.

Die woordvoerder vir die Noord-Kaapse department van gesondheid, Lebogang Majaha het gesê; Lekwene het opgemerk in verskeie verslae dat mense wat die entstof ontvang het, het newe-effekte soos hoofpyn, spierpyn of kouekoors ervaar en hy wil almal verseker dat dit normaal is.

Dit beteken dat die liggaam se immuunstelsel reageer op die entstof wat nuut in die liggaam is; dit is wat mense nodig het, en dit is ‘n bewys dat die entstof werk.

‘My persoonlike inenting-ervaring was niks anders as ‘n groot vervulling nie.

Ek het aan geen ligte of ernstige simptome gely sedert ek die jab geneem het nie.

Dit was vir my belangrik om as voorbeeld op te tree en in die openbaar my inenting te ontvang om te verseker dat meer van ons voorliniepersoneel aangemoedig word om ingeënt te word. ” het LUR Lekwene gesê.

Die LUR het lede van die gemeenskap versoek om voort te gaan met die implementering van nie-farmaseutiese intervensies, om ander te help beskerm totdat die gemeenskapsimmuniteit bereik word.

‘Eendag in die toekoms, wanneer ons gemeenskapsimmuniteit bereik, hoef ons nie maskers te dra nie.

Maar vir nou moet ons almal aanhou om maskers te dra, selfs al is u reeds ingeënt en is u beskerm, dan dra ons ‘n masker om ander te beskerm. ‘ het die LUR afgesluit.

Leave A Reply

Your email address will not be published.