Ma en dogter in hof vir bedrog

'n 44-Jarige vrou en haar dogter het in die hof verskyn vir bedrog en geldwassery.

0

‘n Vier-en-veertig-jarige moeder en haar dogter het op Vrydag, 29 Januarie in die Kuruman-landdroshof verskyn, op klagtes van bedrog en geldwassery.

“Die verdagtes het na bewering sedert verlede jaar mense in die Kuruman-gebied gewerf, om by die Namolaleuba-beleggingskema aan te sluit.”

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê dat die ma en dogter hulself vals voorgestel het aan lede van die gemeenskap.

Die twee het sommige beleggers betaal om meer mense te lok.

 

LUISTER: Nomthandazo Mnisi doen verslag…

Leave A Reply

Your email address will not be published.