Ma en drie kinders sterf na hul woon-hut afbrand

0

Die Augrabies-polisie het ‘n ondersoekdossier geopen nadat vier familielede dood in hul huis aangetref was.

Gisteroggend omstreeks eenuur, het ‘n 50-jarige vrou se hut in die Augrabies-omgewing afgebrand.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die vrou en haar drie kinders, tussen een en agt jaar oud, op die toneel dood verklaar is.

“‘n Man, wat vermoedelik die metgesel asook vader van die gesin is, is na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling, nadat hy verskeie brandwonde opgedoen het.”

Tawana sê die polisie kon die brand blus met behulp van die gemeenskap.

Die oorsaak van die verwoestende brand is op hierdie stadium nog onbekend.

Die polisie se ondersoeke duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.