Ma verloor kind en begin ondersteuningsgroep

"Dit is nie reg vir ouers om hul kinders te ruste lê nie"

0

Die een wat keer is die een wat gewoonlik wegstap met die noodlottige wond.

Dit is wat gebeur het met ‘n jong man wat vrede wou bewerkstellig tussen twee vriende wat handgemeen geraak het.

Moeders wat kinders so vroeg aan die dood verloor weet soms nie hoe om uiting te gee aan hul emosies nie.

Soms wil hul nie met iemand praat nie.

Dit is nie reg vir ouers om hul kinders te ruste lê nie.

Onlangs het die realiteit ‘n mamma van Concordia, oorspronlik van Klawer in die Wes-Kaap, in die gesig staar.

Lorraine Fitzpatrick, woonagtig die afgelope 21 jaar op Concordia het verlede jaar haar seun, Authur Lorenzo Fitzpatrick, aan die dood afgestaan.

Haar seun het die Vrydag vetrek na Vredendal waar hy die Saterdag ‘n ondehoud by ‘n maatskappy  gehad het.

Soos enige moeder was sy nuuskierig om uit te vind wat gebeur het tydens die onderhoud en of dit suksesvol was.

“Ek het aanhou bel, maar ek kon nie deurkom nie. Ek kon nie slaap nie, daarna het suster Isaacs van Vredendal hospitaal my geskakel om met my die tyding van my seun se dood mee te deel”, het sy gesê.

 ‘n Bakleiery het plaasgevind en Authur het probeer keer en in die proses is hy toe dood gesteek.

Sy sal nooit weet wat gebeur het.

Moeders sit met die seer, vrae, woede en die onsekerhied oor wat werklik gebeur het .

Lorraine het ‘n ondersteuningingsgroep in haar plaaslike gemeenskap op die been gebring vir alle moeders wat hulle kinders op ‘n onverklaarbare manier verloor het.

Weens die pandemie kan hulle nie in groot groepe bymekaar kom nie .

“Dit vat nie die seer en leemte weg nie, maar die bemoediging en die wete jy is nie alleen nie  maak die verlies draagbaar,” sê sy.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.