Man 34 jaar tronkstaf opgelê vir poging tot verkragting

“Hy het ontsnap en is later in hegtenis geneem. Hy is borgtog geweier en het in die polisie se aanhouding gebly tot sy hofverskyning en vonnisoplegging,” het kaptein Tawana gesê.

0

Klaas Beukes  (32) is deur die streekhof in Carnarvon skuldig bevind en agt jaar gevangenisstraf opgelê.

Op Maandag, 4 Oktober 2021 het Klaas skuld beken op ‘n aanklag van poging tot verkragting en is hy tot agt jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat tydens hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat die slagoffer op 12 Desember 2020 geslaap het toe Klaas by haar huis ingekom en haar uitgetrek het.

Die man van die slagoffer het die huis binnegekom en Klaas op heterdaad betrap.

“Hy het ontsnap en is later in hegtenis geneem. Hy is borgtog geweier en het in die polisie se aanhouding gebly tot sy hofverskyning en vonnisoplegging,” het kaptein Tawana gesê.

Die provinsiale hoof van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortreding, brigadier Nicky Mills, het sersant Marlon Eksteen toegejuig vir die noukeurige ondersoek wat tot Klaas se gevangenisstraf gelei het.

Klaas is ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit deur die Carnarvon-streekhof.

Leave A Reply

Your email address will not be published.