Man (37) kry sewe jaar tronkstraf vir verkragting

0

ROODEPAN – Ashwin McKay (31) is gister, in die Roodepan-landdroshof, sewe jaar tronkstraf opgelê vir verkragting.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnispleging verwelkom.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê die voorval het op 17 Maart 2018 plaasgevind, toe die slagoffer alleen oppad was huis toe.

“McKay het haar aangeval en gevolglik seksueel aangerand.”

Gamieldien sê dat die verdagte binne drie uur, dieselfde dag in hegtenis geneem is.

“McKay is verlede Donderdag, 27 Augustus skuldig bevind en tot sewe jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.