Man geboei na hy skape en lammers steel

0

’n 31-Jarige man is vroeër vandeesweek op Rietfontein in hegtenis geneem op ‘n klagte van veediefstel.

Die Rietfontein-veediefstaleenheid het ’n wenk ontvang en spoedig opgetree.

Die inligting het gelui dat ’n man besig is om skape in ’n bakkie en sleepwa te laai.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, bevestig dat die verdagte in besit van 11 lammers en 33 skape gevind is.

“Die geskatte waarde van die vee beloop R60 000.”

Tawane sê die eienaars van die skape is na die toneel ontbied om die skape en lammers te identifiseer.

Die verdagte sal binnekort in die Rietfontein-landdroshof verskyn, op ‘n klagte van veediefstal.

Leave A Reply

Your email address will not be published.