Man Gevonnis Vir Verkragting

0

Op 29 Julie is ’n 36-jarige man in die Upington-streekhof gevonnis vir die verkragting van ’n 16-jarige vrou.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, sê die slagoffer is op 3 Julie omtrent 20:00 aan die slaap geraak by haar woning.

“Victor Swartz, die beskuldigde, het die huis binnegekom en die slagoffer verkrag,” sê Kock.

Swartz is deur die slagoffer se suster op  heterdaad betrap.

‘n Verkragtingsaak is die volgende dag geopen en die beskuldigde is in hegtenis geneem.

Swartz is borgtog geweier en het tot sy vonnisoplegging in aanhouding gebly.

Hy is skuldig bevind en tot 8 jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan 1 jaar opgeskort word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.