Man inhegtenis vir die handel in dwelms

"Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat die lede van misdaadvoorkoming het inligting ontvang oor 'n man wat vermoedelik met dwelms handel dryf."

0

Die polisie in Keimoes het ‘n 39-jarige man inhegtenis geneem vir die handel in dwelms op Vrydag, 15 Oktober 2021.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat die lede van misdaadvoorkoming het inligting ontvang oor ‘n man wat vermoedelik met dwelms handel dryf.

Hulle het die inligting in werking gestel en ‘n soektog by die koshuis gedoen.

Foto Verskaf:
@Noord-Kaap SAPD

By die soektog het hulle beslag gelê op Tik en mandrax tot die beraamde straatwaarde van R27 800.

Die waarnemende distrikskommissaris van ZF Mgcawu -brigadier Johnny Besnaar het die lede geprys vir die goeie werk,” het  Sersant Masegela gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.