Man inhegtenis vir huisbraak

"Hy het haar vasgemaak en beroof van kontant en juweliersware."

0

Die waarnemende stasiebevelvoerder van Upington, Kolonel Gert Jobs het die lede geprys vir hul vinnige reaksie op ‘n huisinbraaksaak en wat die arrestasie van ‘n 31-jarige man verseker het.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Sersant Omphile Masegela het bevestig dat daar word beweer dat ‘n 36-jarige vrou Sondag, 3 Oktober 2021 omstreeks 11:30 alleen by die huis was toe die verdagte haar woning binnegekom het.

Hy het haar vasgemaak en beroof van kontant en juweliersware.

“Die polisie is ingelig oor die voorval en het onmiddellik gereageer. Met aankoms het die verdagte reeds van die toneel gevlug, maar die polisie het ‘n soektog in die omgewing geloods. Die verdagte is gevind, waar hy ‘n paar huise weg gesteek was van die misdaadtoneel en voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat hy met ander inbrake in die omgewing verbind kan word,” het Sersant Masegela gesê.

Die verdagte is in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.