Man kry 20 jaar vir moord op sy meisie

 Man kry 20 jaar vir moord op sy meisie

Foto: Verskaf @Sersant Swarts

Die distriksbevelvoerder van Pixley Ka Seme, Brigadier Nomana Adonis het Donderdag, 27 Januarie 2022 die gevangenisstraf van 20 jaar wat aan Laorens Coetzee (41) opgelê is, in die Prieska-streekhof verwelkom.

Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder het bevestig dat Coetzee is skuldig bevind op ‘n aanklag van moord.

Getuienis wat deur die ondersoekbeampte, Sersant Swarts in die hof gelewer is, was oorweldigend en het gelei tot die suksesvolle vervolging van die beskuldigde.

“Tydens hofverrigtinge het die hof gehoor dat die beskuldigde op 3 November 2017 by die koshuis aangekom het waar hy saam met sy meisie gebly het. Hy het gevind dat sy meisie nie die aandete gekook het nie. ’n Onderonsie het tussen die twee ontstaan en die beskuldigde het sy meisie erg aangerand,” het Tawana gesê.

Hy het toe van die toneel gevlug, sy vriendin hulpeloos agtergelaat en sy is later as gevolg van haar beserings dood.

Die bure kon nie die slagoffer red nie, want toe hulle by die misdaadtoneel aankom, was sy reeds oorlede.

Brigadier Adonis het die ondersoekbeampte, Sersant Swarts, geloof vir sy uitstekende ondersoekwerk en dat hy saam met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) insluitend die Departement van Justisie (DoJ) saamgewerk het.

Bernadine Hearn

Related post