Man kry 25-jaar tronkstraf vir verkragting

0

Boitshwarelo Kakua (26) is verlede week in die Mothibistad-streekhof, tot 25-jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, het gesê die voorval het op 07 Oktober 2018 plaasgevind, toe die verkragter ‘n 15-jarige meisie agtervolg het.

Die slagoffer was oppad na haar ouerhuis, nadat sy ‘n winkel in die Dithakong Village, op Bothitong besoek het.

“Kakua het die slagoffer aangeval en na ‘n nabye rivier gesleep, waar hy haar gewelddadig verkrag het.”

Kock sê dat Kakua die slagoffer eers aangerand het, voordat hy haar verkrag het.

Die verdagte is later in hegtenis geneem, skuldig bevind en op 02 Desember, 25-jaar gevangenisstraf opgelê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.