Man saai amok in Springbok Hospitaal

0

Vroeёr vandeesweek het ’n manlike persoon groot opslae in Springbok Hospitaal veroorsaak.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, bevestig dat ’n man met beserings na die hospitaal vervoer is om die dokter te besoek vir mediese behandeling.

Volgens Kaptein Tawana het die man amok gesaai en mediese toerusting beskadig in die hospitaal.

Die rede vir die voorval is onbekend.

Die polisie ondersoek ’n kwaadwillige saakbeskadiging.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.