Man skuldig bevind op poging tot moord en roof

"Op Vrydag, 29 Oktober 2021 het die Kuruman-streekhof Akende skuldig bevind en hom tot 12 jaar direkte gevangenisstraf op twee aanklagtes gevonnis."

0

Die provinsiale bestuur van die polisie in die Noord-Kaap het sersant Richard Maekeco geloof  vir sy besondere ondersoekwerk, wat gelei het tot die tronkstraf van Olebogeng Kabisa Akende.

Op Vrydag, 29 Oktober 2021 het die Kuruman-streekhof Akende skuldig bevind en hom tot 12 jaar direkte gevangenisstraf op twee aanklagtes gevonnis.

Kaptein Olebogeng Tawana, Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat dit hou verband met ‘n poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Tydens die hofverrigtinge het die ondersoekbeampte, sers. Richard Maekeco, verbonde aan die Kimberley-voertuigmisdaadondersoekeenheid (VCIU), onthul dat die beskuldigde in geselskap van ander twee verdagtes was.

Hulle het toe die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Polo met ‘n vuurwapen van sy voertuig beroof .

“Die beskuldigde en sy makkers het die bestuurder van die VW Polo op 28 Oktober 2020 op die Kuruman-hoofweg gestap. Die bestuurder het afgetrek en hulle ‘n rygeleentheid gegee, langs die pad het die drie ‘n vuurwapen en mes uitgehaal  en die bestuurder afgelaai en met die voertuig weggejaag. Die bestuurder het die voorval by die polisie in Kuruman aangemeld,” het Kaptein Tawana gesê.

Die polisie het dadelik ‘n soektog van stapel gestuur vir die gekaapte voertuig, met volledige beskrywing.

Die voertuig wat by die beskrywing pas, is in die woonbuurt in Kuruman opgemerk.

’n Hoëspoed-jaagtog het gevolg en skote is tussen die polisie en die beskuldigde afgevuur.

Onder die beskuldigdes was daar ‘n vrou wat ook ‘n medepligtige was.

Later tydens die ondersoek is die ander manlike beskuldigde vrygelaat aangesien hy nie met die saak verbind kon word nie.

Sersant Richard het borgtog suksesvol teengestaan teen Akende en die vroulike beskuldigde is op borg vrygelaat.

Kaptein Tawana sê, sy het egter hofbywoning geweier, ná haar vrylating op borgtog.

Die Noord-Kaapse SAPD Provinsiale Bestuur het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Departement van Justisie (DoJ) geloof vir die versekering dat die beskuldigde uit die samelewing verwyder word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.