Man skuldig bevind vir verkragting van ‘n 14-jarige

 Man skuldig bevind vir verkragting van ‘n 14-jarige

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD Adjudant-Offisier Keitumetse Semetsa

Uitstekende ondersoekwerk deur Adjudant-Offisier Keitumetse Semetsa van Kuruman FCS-eenheid het ‘n 27-jarige verkragter vir dertig jaar tronk toe gestuur.

Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder het bevestig dat Tebogo Olyn is Woensdag, 23 Februarie 2022, deur die Mothibistad-streekhof skuldig bevind en tot effektiewe dertig jaar gevangenisstraf gevonnis op twee aanklagte van verkragting.

Hy het ‘n 14-jarige meisie op 21 Mei 2014 verkrag.

Op die dag toe hy die verkragting gepleeg het, het hy die slagoffer se familie besoek en reguit na die slagoffer se slaapkamer gegaan.

“Hy het die slagoffer op ‘n ongemaklike manier aangeraak en homself op haar afgedwing. Hy het dit by twee geleenthede gedoen en die slagoffer gedreig om vir niemand van die verkragtingsvoorval te vertel nie,” het Tawana gesê.

Die slagoffer kon die mishandeling nie meer duld nie en het haar ma oor die verkragtingsvoorval ingelig.

Tydens die hofverrigtinge het dit geblyk dat Tebogo ‘n hegte familievriend was, hulle het nie vermoed dat hy enige misdaad teen die slagoffer kon pleeg of verkrag nie.

By die eerste geleentheid het hy die slagoffer verkrag terwyl haar pa buite besig was om herstelwerk aan die voertuig te doen.

Die Noord-Kaapse provinsiale hoof van die FCS-eenhede, Brigadier Nicky Mills het A.O Keitumetse Semetsa, die departement van justisie en nasionale vervolgingsgesag toegejuig omdat hulle verseker het dat Tebogo Olyn uit die samelewing verwyder en lewenslank opgesluit is.

Die Mothibistad-streekhof het Tebogo Olyn onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en beveel dat sy naam in die Nasionale Seksuele Oortreders Register aangeteken moet word.

Bernadine Hearn

Related post