Man vas vir dwelmhandel op Galeshewe

0

Die Kimberley-polisie tesame met die honde-eenheid, het vroeër vandeesweek ‘n dwelmhandelaar in hegtenis geneem.

Die polisie het ‘n klopjag uitgevoer by ‘n huis in Thembanistraat, in Club 2000, op Galeshewe.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die polisie tik en kontant op die perseel gevind.

‘n 39-Jarige man is gevolglik in hegtenis geneem en sal binnekort in die landroshof op Galeshewe verskyn, op ‘n klagte van dwelmhandel.

“Die polisie het die dwelms en kontant gekonfiskeer.”

Dir polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.