Man vas vir meer as R500 000 se dwelms

Die man is in Seochwarengstraat, op Galeshewe, in die Noord-Kaap aangekeer.

0

‘n 39-Jarige man is vanoggend vroeg deur die Galeshewe-polisie in hegetnis geneem, nadat hy in besit was van dwelms.

Die man is in Seochwarengstraat, op Galeshewe, in die Noord-Kaap aangekeer.

‘n Woorvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat khat en tik, sowel as ‘n onbekende bedrag kontant, in die verdagte se huis versteek was.

Die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het die dwelms op die perseel gevind en gekonfiskeer.

“Die dwelms se beraamde straatwaarde is meer as R500 000.”

Die distrikskommissaris in die Frances Baard distrik, generaal-majoor Johan Bean, het die Frances Baard-distrikstaakspan en Kimberley- misdaadintelligensie geprys vir hul vinnigge opgetrede, wat gelei het tot die inhegtenisneming.

“Dwelmsmouse moet uit ons samelewing verwyder word. Hulle vernietig baie lewens, veral dié van ons jongmense,” het hy gesê.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof op Galeshewe verskyn, op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.