Man vas vir veediefstal op Soebatsfontein

0

Die polisie op Hondeklipbaai het inligting opgevolg oor veediefstal wat na bewering tussen 8 en 15 Mei plaasgevind het in die Soebatsfontein area.

Na bewering is 5 ooie op ’n plaas in die Soebatsfontein gebied gesteel.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, sê dat die Hondeklipbaai-polisie op ’n 34-jarige man ondersoek ingestel het.

“Die polisie het die 5 bokke sowel as 6 lammers gekonfiskeer toe die gesteelde ooie na bewering ten tyde van die voorval dragtig was,” sê Kock.

Die totale straatwaarde van die gesteelde bokke word beraam op R10 000.

Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof op ’n aanklag van veediefstal verskyn.

Die polisie ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.