Mandela-dag neem aksie teen armoede

"Mandela het hom altyd beskou 'n diennaar van die mense van Suid-Afrika wat hy deur sy voorbeeld gelei het."

0

Julie is veral op Suid-Afrikaanse bodem  bekend as Mandela-maand en jaarliks op 18 Julie word Mandela-dag gevier.

Die KOVID-19 pandemie het daartoe gelei dat baie huishoudings sonder ‘n inkomste is.

Die negatiewe uitwerking van die pandemie het grotendeels bygedra tot armoede in verskeie Suid-Afrikaanse huishoudings.

Mandela-dag bring egter hoop en verskeie  individue en groepe vind maniere om hulpbehoewendes te help.

Radio NFM doen ‘n beroep op burgers om aktief betrokke te raak op mandela-dag om inisiatiewe te begin rondom die aflewering van kospakkies, die maak van maskers en beskermende toerusting, aanlyn onderrig of donasies.

Mense se inisiatiewe sluit aan by die Mandela Foundation se 2021 tema ‘#Aksie Teen Armoede’.

Terwyl die wêreld nadink oor die nalatenskap van Nelson Mandela, herdenk ons sy lewe, sy leierskap en sy toewyding aan die mensdom asook sy groot bydrae tot humanitêre sake in die wêreld.

Mandela het hom altyd beskou ‘n diennaar van die mense van Suid-Afrika wat hy deur sy voorbeeld gelei het.

Die  mandaat van die  Nelson Mandela-stigting en hul werk spruit uit die oordra van die fakkel van openbare diens aan almal.

“Dit is in u hande om van ons wêreld ‘n beter wêreld vir almal te maak”, het hy gesê.

Positiewe verandering was die geskenk wat Nelson Mandela aan almal gelaat het, maar dit kan slegs ‘n lewende nalatenskap bly as elke landsburger hierdie uitdaging aanneem.

In die gees van Mandela se visie om sosiale geregtigheid en vryheid vir almal te realiseer is dit u kans om deel te word van ‘n voortdurende wêreldwye beweging om ‘n sigbare verskil in mense se lewens te maak.

Laat ons almal die leier wat ons lief gehad het navolg deur self  ware leiers te word.

Kom ons maak elke dag ‘n Mandeladag maak deur op te tree teen armoede.

Leave A Reply

Your email address will not be published.