Manlike verdagte vas vir besit van dagga

"Die geraamde straatwaarde is R1500-00."

0

Lede van Kathu Misdaadvoorkomingsgroep 2 het 16 November 2021, in die omgewing van die Kathu Park in Hendrick van Eckstraat toegeslaan op dwelmhandelaars.

(v)Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die lede was omstreeks 19:00 besig met stop- en deursoekaksies naby die park, toe hulle ‘n manspersoon voorgekeer het.

Toe hy hom deursoek het, het sers. Ben Eiman klein sakkies dagga in sy besit gevind.

Die geraamde straatwaarde is R1500-00.

“Die 31-jarige man is aangekla vir die besit van dagga en sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn. Vroeër dieselfde dag het  lede verlore goedere gevind wat handsae ingesluit het wat gebruik word om Kameeldoringbome af te saag asook messe en ‘n speelgoedgeweer,” het Kolonel Gamieldien gesê.

Die polisie sal ‘n nul-verdraagsaamheid-benadering vir ‘n veiliger feesseisoen te benader en rig ‘n streng waarskuwing aan dwelmhandelaars dat die polisie hul ruimte sal knyp om te werk.

Kolonel Gamieldien sê dat die polisie is ook bekommerd oor die aantal jongmense wat dwelms by die dwelmhandelaars in die omgewing koop.

As hulle gevang word, sal hulle ook die volle impak van die wet voel.

Polisiesigbaarheid sal gedurende diè tydperk verskerp word, veral onder die tema, “Extending our reach through blue light visibility.” 

Leave A Reply

Your email address will not be published.