Mannedialoog oor geslagsgebaseerde geweld onder Ou-D se boom

"Mans kan ook mishandel word en praat nie daaroor nie en dit moet ook in ag geneem word."

0

‘n Mansdialoog het Donderdag,  13 Mei 2021, onder Dennis Coetzee, beter bekend as ‘Ou-D’, se boom plaas gevind in Okiep.

Dit was bygewoon deur verskillende rolspelers onder andere, Famsa, Men of God, die gemeenskapspolisieforum en die Departement van Veiligheid en Skakeling.

Bykans 40 mans was uitgenooi om deel uit te maak van die program.

Die dialoog het gegaan oor geslagsgebaseerde geweld en disfunksionele huisgesinne.

Daar was gekyk na die verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou en die feit dat mans ook onder druk geplaas word.

Mans kan ook mishandel word en praat nie daaroor nie en dit moet ook in ag geneem word.

Tydens die dialoog het manne verskillende weergawes gegee van verskillende situasies in verhoudings of huislike omstandighede.

Van die probleme wat opduik in ‘n verhouding is wanneer die man nie meer werk vir die huis nie.

Die vrou begin om afsydig en koud teenoor haar man te raak wat vernederend is vir baie mans.

Sit en gesels voordat daar hardhandig geraak word met mekaar.

Verseker kommunikasie voordat daar tot geweld oorgegaan word.

Ouers moet voorbeelde stel vir kinders en nie die situasie op straat probeer ontlot nie of voor ander met mekaar baklei nie.

Wanneer daar verskille tussen egpare ontstaan en ‘n oplossing nie gevind kan word nie is berading die volgende stap .

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.