Mans moet alle vroue respekteer

"Daar moet ‘n balans kan wees en sport hoef nie heeltemal uit geskakel te word het sy verder beklemtoon."

0

Tydens haar besoek aan die Namakwaland het die LUR van  Sport Kuns en Kultuur in die Noord-Kaap, Desery Fienies  ‘n sterk boodskap uitgestuur dat alle vroue respekteer moet word tydens ‘n sessie waar sy veral vroue motiveer het.

“Vroue is veral die sagte teikens en slagoffers as dit by geslagsgeweld kom”, het Fienies gesê.

Sy het verder bygevoeg dat  vroue deur mans respekteer moet word en dat die regering en gemeenskap moet saamwerk om vroue te beskerm.

“Vrouens het regte en het die reg tot vryheid en as ‘n span kan geslagsgeweld voorkom  en stop gesit word, het Fienies gesê.”

Selfverdedigingsklasse was op Woensdag 11 Augustus aandgebied vir vrouens, waarvan ‘n professionele instrukteur aan die vrouens gedemonstreer het hoe om hulself te verdedig indien hulle aangeval word.

Die LUR het bekend gemaak watter impak die Kovid-19 pandemie op skole het en dat daar nou meer gekonsentreer moet word op akedemiese vordering weens die groot verlies van akademiese tyd in skole.

Daar moet ‘n balans kan wees en sport hoef nie heeltemal uit geskakel te word het sy verder beklemtoon.

Die Noord-Kaap Onderwysdepartement het verskeie skole met sporttoerusting asook klere voorsien aan behoeftige leerders.

Daarby was sanitêre doeke ook voorsien aan die skole, omdat baie skoolmeisies soms afwesig bly weens ‘n tekort aan doekies.

Verskeie sopkombuise en voedingskemas was identifiseer vir noodverligting.

Fienies het aan plaaslike kunstenaars bekend gemaak dat daar geleenthede vir almal beskikbaar is, insluited die platteland, waarvan die provinsiale departement tans besig is met die tweede golf van hulle sosiale verligting.

Die departement het vier miljoen rand (R4000 000) beskikbaar gestel vir kunstenaars. Avertensies sal binnekort uitgaan en alle kunstenaars word uitgenooi om aansoek te doen. Die kriteria vir aansoeke is verslap om diegene wat aansoek doen se kanse te versterk. Belangstellendes kan na die plaaslike distrikskantore gaan vir hulp met aansoeke en  kunstenaars moet seker maak dat hulle die nodige inligting kry, want die geleenthede en finansies is beskikbaar”, het Fienies gesê.

Sy het die publiek aan gemoedig om te registreer en die inenting teen Kovid-19 te neem.

Fienies het self siek geraak met Kovid –19, maar het vinnig herstel

Leave A Reply

Your email address will not be published.