Marydale gesinslede inhegtenis vir dwelms

"Dwelms, waaronder dagga en mandrax, was in die huis versteek."

0

Twee familielede, ‘n broer en sy suster, het na verwagting Maandag, 30 Augustus 2021, in die Marydale landdroshof verskyn op ‘n aanklag van handel in dwelms.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die polisie in Marydale die twee op Saterdag, 28 Augustus 2021, in Noord-Kaap, Kaptein Olebogeng Tawana, Marydale, aangekeer tydens ‘n roetine misdaadvoorkomingsopersasie in diè dorp.

Die inhegtenisnemings van die verdagtes kom nadat ‘n soektog by hul perseel gedoen is.

Dwelms, waaronder dagga en mandrax, was in die huis versteek.

 “Daar is ook beslag gelê op geld wat vermoedelik gebruik was in die  dwelmhandel.

Die Pixley Ka Seme distriksbevelvoerder, Brigadier Nomana Adonis, het die lede van Marydale SAPD geprys omdat hulle die verdagtes gearresteer het”, het Tawana gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.