Matjieskloof : Gemeenskap staan op teen misdaad

"Gemeenskapslede is reg om voort te vat en op te staan"

0

 

Meer mense moet bymekaar kom om oplossings vir hul gemeenskappe te kry, veral wanneer dit kom by misdaad in hul onderskeie gemeenskappe.

Misdaad wat daagliks sy kop uisteek in die Namakwalandse dorpie, Matjieskloof, het genoodsaak dat ouers bymekaar gekom het en die Matjieskloof Bekommerde Ouersgroep Forum, onder leiding van die Rooms Katolieke Kerk op die been gebring het.

Hierdie groep is tans besig om planne te maak met verskeie rolspelers onder andere: die Suid-Afrikaanse Polisidiens, Maatskaplike Ontwikkeling en ander professionele organisasies.

Die drukgroep teen misdaad is veral bekommerd oor die vlaag van misdade waarby kinders so jonk as 9jaar betrokke is.

Die groep het ‘n vergadering belê vir 10Augustus en inwoners het dit goed ondersteun.

Die groep het tot aksie oorgegaan met straatpatrollies om dit na 10 saans skoon te maak.

Hulle doen ‘n beroep op ouers om hul kinders  saans om 22:00 te gaan soek, aangesien die aandklokreël bepaal dat niemand saans na 22:00 op straat mag wees nie.

In die lig van onlangse gebeure met van die jeug wat in die strate rondloop en vuurmaak, maak hulle hul skuldig aan kriminele gedrag.

Dit is die misbruik van dwelms en alkohol, vandalistiese optredes en hulle toon absoluut geen respek teenoor die plaaslike Priester van die Roomse kerk nie.

Die gemeenskapslede in samewerking met die priester en ander rolspelers het besluit om op te staan teen die hierdie sosiale euwels en die verval wat die jeug in die gesig staar.

Daar sal teen hierdie kinders en hul ouers opgetree word en beide kind en ouers sal die gevolge dra.

Die kerk en drukgroep teen misdaad sal ook hulp en ondersteuning bied aan ouers en kinders wat betrokke is.

“Die aksie gaan nie net daaroor om die kinders te straf nie, maar dit gaan oor die ontwikkeling en beskerming van ons jeug, die ouers en die pragtige en kosbare plek, Matjieskloof. Gemeenskapslede is reg om voor te vat en op te staan, want dit is wat tans gebeur, onaanvaarbaar, en niemand sal daarmee wegkom nie”, het Richie Cloete gemeenskapslid van Matjieskloof gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.