Matriek 2021 Pledge Seremonie

"By hierdie geleentheid lê matriekulante ’n eed af om hulsef te verbind tot die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamens en om eerlik te wees tydens die eksamen."

0

Die jaarlikse Matriek Pledge seremonie, het Vrydag 22 Oktober op Steinkopf plaas gevind.

By hierdie geleentheid lê matriekulante ’n eed af om hulsef te verbind tot die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamens en om eerlik te wees tydens die eksamen.

Die hoofspreker was die Noord-Kaapse LUR van onderwys, mnr. Zolile Monakali.

Monakali het die volgende punte in sy toespraak aangeraak;

– Leerders moet hulself bevry van onreëlmatighede tydens NSS eksamens.

– Dit is nou die einde van hul 12 jaar skoolloopbaan.

– Opvoeding stop nie, maar is wel ’n lewenslange reis.

– Die jaar 2021 werklik ’n jaar van vele uitdagings was, nie net vir leerders maar ook vir die Noord-Kaapse Onderwys Departement.

– Intervensie programme wat ingestel is.

Monakali het ook gesê dat die Noord-Kaapse Onderwys Departement alles in hul vermoë gedoen het om seker te maak dat die Klas van 2021 goed voorbereid is.

“Die bal is nou in julle hande,” sê Monakali.

As deel van die NKOD se ondersteuningsprogramme aan die klas van 2021 is die tegniese leerders van die Noord-Kaap vir ’n week Kimberley toe gestuur vir voorbereiding vir hul NSS.

Die visie vir die klas van 2021 is om die wenstreep oor te steek sodat hulle suskes kan behaal.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.