Matriek eksamenvraestelle word vandag begin merk

0

Die matriek eksamenvraestelle wat verlede jaar deur duisende matriekulante geskryf is, sal vandag begin merk word.

Dit is volgens ‘n amptelike verklaring deur die Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga.

Motshekga het ook nuwe riglyne bekendgemaak vir amptenare wat by die 2020-nasienproses betrokke is.

“Meer as 45 000 nasieners is deur die departement aangestel om die vraestelle te merk.”

Die nasieners en merkprosesse sal almal onderhewig wees aan streng COVID-19 veiligheidsprotokolle, met betrekking tot  die aangepaste vlak 3 inperkingsregulasies.

“Streng keuringsprosedures sal ook by al 180 nasiensentrums regoor die land gedoen word.”

Suid-Afrika se jongste matriekuitslae sal na verwagting in Februarie 2021 bekendgemaak word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.