Matriekpartytjies as COVID-19-superverspreiders geïdentifiseer

0

Vanjaar se #MatricRage-byeenkoms is onlangs deur die Minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, geïdentifiseer as ‘n COVID-19-superverspreider-byeenkoms.

Dit kom nadat verskeie matrikulante, wat #MatricRage in KwaZulu-Natal bygewoon het, positief getoets het vir COVID-19.

Alle #MatricRage-byeenkomste wat tot dusver plaasgevind het, was in Ballito, van 27 November tot 4 Desember en Jeffreysbaai, van 26 November tot 6 Desember.

Die Johannesburgse #MatricRage is geskeduleer vir 12 tot 13 Desember.

Die Plettenbergbaai #MatricRage is geskeduleer vir 29 Januarie tot 6 Februarie 2021.

“#MatricRage-byeenkomstes is partytjies wat deur matrikulante bygewoon word, om die einde van hul matriekjaar en skoolloopbaan te vier.”

Volgens die ministerie van gesondheid word almal wat die geleenthede bygewoon het, as potensiële kontakte van COVID-19 beskou.

“Partytjiegangers word versoek om tien dae lank in selfkarantyn geur te bring en om getoets te word vir COVID-19.”

Mkhize sê hierdie gebeure in superverspreider-byeenkomste, is ‘n bewys van die gevare wat bestaan as groot skares alkohol gebruik.

Leave A Reply

Your email address will not be published.