Matrikulante praat oor hul terugkeer skool toe

0

NAMAKWA- Die 2020 skoolkalender is onlangs aangepas, na aanleiding van president Cyril Ramaphosa, se aankondiging, dat die skole vir 4 weke gesluit was.

Matriekuitslae sal na verwagting in Februarie 2021 bekendgemaak word.

Matrikulante is egter benoud oor die tyd wat hul oor het, om hul skooljaar te voltooi.

NFM Nuus het met ’n paar matriekleerders in die omgewing gesels.

Meeste van die leerders is verskriklik bekommerd oor die tyd wat beskikbaar is om vir die eindeksamen om voor te berei.

Die meerderheid van die leerders voel dat die tyd hopeloos te min is vir die werkslading.

Sommige leerders het reeds skouer aan die wiel gesit deur te begin studeer vir die eksamen wat voorlê en voel bietjie meer positief.

“Die leerders vertel dat hul post-matriekplanne heeltemal in die wiele gery is.”

Die toekoms is nog baie onduidelik vir die matrikulante van 2020.

‘n Plattelandse matrikulant sê, “Alhoewel ek onseker is van my toekomsplanne, het dit nie my motivering weggeneem nie. Ek het reeds aansoeke gedoen na verskeie universiteite. Wat my matriek-jaar betref, gaan ek aanhou werk, opsom en leer. Vir eers wil ek net my matriek-jaar suksesvol afhandel.”

Matriek leerders sê ook dat as hulle aan die begin van die jaar geweet het van die pandemie sou hulle soveel harder gewerk het en beter beplan het.

Leerders vertel ook dat hulle nie geld sou spandeer op matriekafskeid-uitrustings nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.