Meer 100 nuwe Kovid-19 gevalle vir Namakwa bekend gemaak

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 112 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (56), Hantam (31), Kamiesberg (12), Richtersveld (11) en Khâi Mai (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 768, die sterftesyfer is 123, met 11 174 genesings en diè distrik het 1 471 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 363 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 86 718.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 063.

Sowat 77 974 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 679  aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.