Meer as 30 nuwe Kovid-19 gevalle aangemeld vir die Namakwa-distrik

"Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 490 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 34 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (16), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (9), Nama Khoi regsgebied (5), Khâi Ma plaaslike munisipalitiet (3) en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 724, met 5 167 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 490 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 574 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 50 763.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 112.

Sowat 41 387 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 8 262 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.