Meer as 90 nuwe Kovid-19 gevalle aangemeld vir Namakwa

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (47), Hantam (20), Kamiesberg en Khâi Ma onderskeidelik 8 elk en Richtersveld (6)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 92 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (47), Hantam (20), Kamiesberg en Khâi Ma onderskeidelik 8 elk en Richtersveld (6).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 531, die sterftesyfer is 123, met 11107 genesings en diè distrik het 1 301 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 444 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 85 565.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 047.

Sowat 76 876 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 640 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.