Meer duidelikheid oor SASSA geld

0

Regering verleng maatskaplike hulp

Inno Khuno, woordvoerder vir SASSA in die Noord-Kaap, het meer duidelikheid gebring oor die R350 toelae vir maatskaplike hulp, die aansoekproses, kriteria en vereistes.

President Cyril Ramaphosa het op 25 Julie aangekondig dat die R350 toelae vir maatskaplike hulp weer ingestel word en dit sal geldig wees tot volgende jaar Maart 2022.

Die aansoeke het reeds Vrydag, 6 Augustus, ge-open en Khuno het die publiek gevra om asseblief geduldig te wees weens die volume van aansoeke wat hulle daagliks ontvang.

Sy sê dat SASSA verbeterings aangebring het sodat hulle hierdie keer beter voorbereid kan wees.

Alle aansoeke moet aanlyn gedoen word.

Geen harde kopieë van die vorms sal beskikbaar wees nie en persone sal nie die kantoor kan besoek nie weens die huidige KOVID-19 pandemie.

Die volgende persone kwalifiseer vir die toelaag:

Suid–Afrikaanse burgers

Persone met permanente verblyf in die land

Vlugtelinge wat geregistreer is by Binnelandse Sake

Hawelose burgers – NPO’s is versoek om die hawelose burgers te help met aansoeke

Persone van Angola, Lesotho en Zimbabwe met spesiale permitte wat werkloos is.

Werklose mense

Persone wat versorgers is en geen inkomste verdien

Tussen die ouderdomme van 18 en 60 wees

Khuno het dit ook duidelik gemaak dat wanneer een persoon drie mense oppas, sal daardie persoon alleenlik vir die toelaag kwalifiseer en nie die kinders nie.

Diegene wat voorheen kwalifiseer het vir die toelae, moet weer aansoek doen, hulle sal nie outomaties heringestel word nie.

Dit sal voorkom dat die persone wat werk gekry het intussen ‘n toelaag ontvang en dit bied ook die geleentheid vir die individue om seker te maak hulle kontakbesonderhede is korrek by SASSA.

Individue wat onsukselvol was, mag appélleer binne 30 dae.

Diegene wat met die eerste uitrol van die toelae ‘n sms ontvang het, dat hul R350 toelaag suksesvol was, moet asseblief voor 31 Augustus hul geld trek of dit sal terug besorg word aan die staat.

Die volgende skakels kan gebruik word om aansoek te doen:

www.srd.sassa.gov.za

Leave A Reply

Your email address will not be published.