Meeste Covid-19 gevalle vir Kamiesberg plaaslike munisipaliteit aangeteken

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 585 te staan.

0

Die Kamiesberg plaaslike munisipaliteit het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, ses nuwe Covid-19 gevalle aangeteken.

“Vyf gevalle is egter in die Nama Khoi regsgebied bevestig, twee vir Hantam, en vyf in die Richtersveld plaaslike munisipaliteit.”

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 2 057, met 1 517 herstellings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 526 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 17, wat die totaal in die distrik tot op 3 663 te staan bring, met 2 513 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 133 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 81 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 585 te staan.

“In die jongste verslag het ZF Mgcawu die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 25, gevolg deur Frances Baard (18), Namakwa (17) JT Gaetsewe (15) en Pixley Ka Seme (6).”

“Die totaal Covid-19 verwante sterftes in die provinsie het intussen gestyg tot 652.”

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 2 772, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 89%.

30 159 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.