Meeste nuwe Covid-19 gevalle aangeteken vir Hantam plaaslike munisipaliteit

"Die totaal Covid-19 verwante sterftes in die provinsie het intussen gestyg tot 650."

0

Die Hantam plaaslike munisipaliteit het in die jongste verslagtydperk van 24-uur, die meeste nuwe Covid-19 gevalle aangeteken.

“Ses nuwe gevalle is aangeteken in Hantam, en twee onderskeidelik vir die Nama Khoi regsgebied en Richtersveld.”

Die Nama-Khoi regsgebied se totaal Covid-19 gevalle is 2 016, met 1 233 herstellings.

Die sterftesyfer in die regsgebied bly onveranderd op 14, wat Nama Khoi laat met 767 aktiewe gevalle.

Die totaal nuwe koronavirus gevalle vir die Namakwa distrik is 10, wat die totaal in die distrik tot op 3 510 te staan bring, met 2 063 genesings.

17 Sterftes is tot op hede bevestig, wat die distrik laat met 1 500 aktiewe gevalle.

Die Minister van Gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 49 mense in die Noord-Kaap positief getoets het vir Covid-19.

Dit bring die kumulatiewe totaal in die provinsie tot op 33 211 te staan.

“In die jongste verslag het Frances Baard die hoogste aantal nuwe positiewe gevalle aangeteken van 16, gevolg deur Pixley Ka Seme (12), Namakwa (10), ZFM (8) en  JTG (2).

“Die totaal Covid-19 verwante sterftes in die provinsie het intussen gestyg tot 650.”

Die aantal aktiewe Covid-19 gevalle in die provinsie is 3 042, en die gemiddelde herstelpersentasie in die provinsie is tans 89%.

29 517 Mense het herstel van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.