Mgcawu hoofwegpatrollie arresteer dwelmhandelaar

"Tydens  die deursoeking van die perseel het die lede 'n man gevind met mandrax-tablette en dagga met 'n geraamde straatwaarde van R 2 400-00."

0

Inligting deur die gemeenskap het gelei tot die arrestasie van ‘n 52 -jarige man in Upington.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat op 25 Augustus 2021 om 15:30 was Sersant Charlto Andrews en Konstabel Goahenngwe verbonde aan die ZF Mgcawu se Blitspatrollie  bygestaan deur lede van Upington K-9 en Upington misdaadvoorkomingseenhede het ‘n deursoeking uitgevoer by ‘n huis in Progress in Upington waar beweer word dat dwelms verkoop is.

Tydens  die deursoeking van die perseel het die lede ‘n man gevind met mandrax-tablette en dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R 2 400-00.

“Die 52 -jarige verdagte is inhegtenis geneem en aangekla vir die besit van dwelms en sal binnekort in die landdroshof in Upington verskyn,” het Gamieldien gesê.

Die waarnemende ZF Mgcawu-distriksbevelvoerder, Brig Johnny Besnaar, het die lede geprys vir hul meedoënlose pogings om dwelms uit die strate uit te wis en die ruimte vir dwelmhandelaars in te perk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.