Mgcawu hoofwegpatrollie arresteer vyf vir diefstal

 Mgcawu hoofwegpatrollie arresteer vyf vir diefstal

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Lede van aflos A van die ZF Mgcawu-hoofwegpatrollie-eenheid in Upington het vyf verdagtes, (drie vroue en twee mans), gearresteer.

Dit nadat hulle na bewering ‘n plaaslike drankwinkel op Saterdag, 29 Januarie 2022 van kontant beroof het.

Polisiewoordvoerder, (v) Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat die lede het om 17:00 ‘n klag ontvang van twee vroue en ‘n man wat na bewering die drankwinkel van ‘n onbekende bedrag kontant beroof en in ‘n blou Renault-sedan van die toneel gevlug het.

Die wakker lede het die voertuig in Keidebees opgemerk waar hulle die vyf verdagtes by ‘n plaaslike restaurant genader het.

“Die verdagtes is aangekeer en die voertuig deursoek. Een van die verdagtes het ’n lid ingelig oor waar hulle bly, wat hulle na ’n gastehuis in Upington gelei het,” het Gamieldien gesê.

Met die deursoeking van die kamers het die snelwegpatrollielede die kontant gevind wat vermoedelik geroof is, asook vyf selfone.

Daar is ook beslag gelê op die Renault-sedan aangesien dit in die pleging van ‘n misdaad gebruik is.

Die vyf verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, is van roof aangekla en sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.

Gamieldien het gesê, die Waarnemende ZF Mgcawu-distriksbevelvoerder, Kolonel Peet Coetzee, het Adjudant-Offisier Charlton Andrews, Adjudant-Offisier Wally Crause, Konstabel Daniella Modisaotsile en Konstabel Razor Modisaotsile geloof vir hul vinnige en waaksame reaksie wat gelei het tot die aanhouding en arrestasie van die verdagtes. 

Bernadine Hearn

Related post