Minder as 10 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 35 650."

0

‘n Totaal van 4 nuwe Korona-virus gevalle was vir die Namakwa-distrik aangemeld, wat toegewys is aan Nama-Khoi regsgebied 3 en Hantam plaaslike munisipaliteit 1.

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 432, met 3 391 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 978 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 29 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize.

Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 35 650.

In die provinsie het Francis Baard en Pixley Ka Seme onderskeidelik die meeste Korona-virus gevalle aangemeld.

Geen nuwe KOVID-19 verwante sterftes is vir die provinsie aangemeld nie wat die sterftotaal onveranderd laat op 794.

Sowat 32 198 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 656 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.