Minder as 10 nuwe Kovid-19 gevalle in Namakwa aangemeld

"In die Noord-Kaap is 56 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 39 449."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 9 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken vir die Nama Khoi regsgebied (6) en Hantam plaaslike munisipaliteit (3).

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 200, met 4 379 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 757 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 56 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 39 449.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 886.

Sowat 35 289 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 272 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.