Minder as 100 nuwe Covid-19 gevalle in Noord-Kaap bevestig

Die Nama Khoi regsgebied het drie nuwe Covid-19 gevalle bevestig.

0

In die jongste verslagtydperk van 24-uur, het die minister van gesondheid dr. Zweli Mhkize aangekondig dat vier nuwe Covid-19 gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die 4 nuwe gevalle wat aangemeld is, was geallokeer vir die Khai Ma- (een) en Nama Khoi- (drie) regsgebiede.

“Die totale Covid-19 gevalle vir die Nama Khoi regsgebied is 1 785, maar 592 persone het alreeds van Covid-19 herstel.”

Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement is net 14 Covid-19 verwante sterftes is tot op hede in die Nama Khoi regsgebied bevestig.

Dit laat die regsgebied met ‘n totaal van 1 179 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die Namakwa distrik het tot op hede 3 077 gevalle van die virus bevestig, en 1 151 genesings.

17 Persone in die Namakwa-distrik het hul stryd teen die virus verloor, wat diè distrik laat met 1 909 aktiewe Covid-19 gevalle.

Die minister het nog 69 mense aangekondig, wat positief getoets het vir Covid-19 in die Noord-Kaap.

Dit bring die provinsie se kumulatiewe totaal bevestigde gevalle op 31 154 te staan.

“Die laaste keer dat die Noord-Kaap minder as 100 nuwe gevalle per dag aangekondig het, was op 05 Januarie 2021.”

“In die jongste verslag tyd het die Frances Baard distrik die meeste positiewe gevalle aangeteken met 21, gevolg deur ZF Mgcawu met 18, JT Gaetsewe (13), Pixley ka Seme (8) en Namakwa (4), terwyl vyf gevalle nog nie aan ‘n distrik geallokkeer nie.

Twee (2) bykomende sterftes wat verband hou met Covid-19, wat die afgelope 72 uur plaasgevind het, was aangemeld.”

Met hierdie nuwe sterftes, staan die totale kumulatiewe sterftes van die provinsie weens Covid-19-komplikasies nou op 553.

Die aantal aktiewe gevalle in die provinsie beloop 4 421, en die genesings het toegeneem tot 26 178, wat dui op ‘n provinsiale herstelkoers van 84%.

Leave A Reply

Your email address will not be published.